unieke boeregeregte

kwaliteit bestanddele

goeie mense

ons storie

Die Stadsboer is ’n kombuis en kroeg in eie reg, met ’n groot passie vir die beste minimum 22-dae verouderde beessnitte en unieke boeregeregte wat die holkol in die maag met saligheid vul. Ons as eienaars van Die Stadsboer (Jason Fourie & Kevin Bird ) verstaan die druk en uitdagings van die daaglikse lewe en uiteindelik het almal ’n plek nodig om ’n moeilike dag in sy pitte in te stuur deur ’n yskoue bier, of ’n kortetjie te vat saam met goeie vriende om suksesse en deurbrake te vier!

 

Ons is Die Stadsboer, die kuierplek wat alle kliënte se behoeftes in ag neem met ’n asemrowende oasis in die hartjie van die bosveld net 10 min buite Pretoria. Kom ontmoet ons vriendelike personeel, loer na ons handgeselekteerde spyskaart en waardeer ons bekostigbare pryse.

 

Bespreek jou volgende verjaardagpartytjie, jaareindfunksie of kom staar net na die vlamme van ons ‘Bosveld TV’ saam met vriende, dan sal jy verstaan waarom almal van die Die Stadsboer praat!

Sien ons spyskaart hier!

“Wonderlike kos in ‘n bosveld omgewing”

GALERY